Susan Boyle

Susan Boyle
Agtergrondinligting
GeboortenaamSusan Margaret Boyle
Gebore1 April 1961 (1961-04-01)
Blackburn, West Lothian (Skotland)
InstrumenteStem

Susan Margaret Boyle (* 1 April 1961)[1] is 'n Skotse[2] sangeres wat in 2009 wêreldwye roem verwerf het met haar verskyning as deelnemer aan Britain's Got Talent.[3] Boyle het groot aandag getrek met haar eerste opvoering in die kompetisie se eerste rondte, toe sy "I Dreamed a Dream" van Les Misérables gesing het,[4] wat vir die eerste keer op 11 April 2009 in die Verenigde Koninkryk uitgesaai is.[5] In die finale rondte van die Britain's Got Talent-televisiereeks het Boyle op tweede plek geëindig, ná die danstroep Diversity.

Met Boyle se eerste verskyning op die verhoog van Britain's Got Talent het die gehoor en die beoordelaars versigtig bevrees en krities jeens haar ongepoleerde voorkoms voorgekom. Toe sy haar lewering voltooi het, is sy egter met 'n staande ovasie deur die regstreekse gehoor geprys, en het die beoordelaars deur die bank positiewe beoordelings gelewer.[6] Boyle is as "die vroumens wat Simon Cowell sy mond laat hou het" gedoop.[1] Luidens berigte is Cowell van plan om 'n platekontrak met Boyle aan te gaan op sy Syco-etiket, 'n subsidiêr van Sony Music.[7]

Die kontras tussen die gehoor se eerste indrukke van haar toe sy op die verhoog verskyn het en die ovasie wat sy daarna ontvang het, het wêreldwye geïnteresseerdheid gelok. Nuusberigte het in koerante wêreldwyd verskyn, terwyl die aantal mense wat die video's van haar oudisie op die internet gekyk het, 'n aanlyn-rekord gestel het.[8] Binne nege dae ná haar geteleviseerde debuut is video's van haar oudisie, daaropvolgende onderhoude met haar en haar 1999-interpretasie van Arthur Hamilton se "Cry Me a River" in totaal meer as 100 miljoen keer op die internet bekyk.[9]

  1. 1,0 1,1 Hoda Farhanghi (14 April 2009). "The Woman Who Shut Up Simon Cowell". ABC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2012. Besoek op 19 April 2009.
  2. Leigh Holmwood (18 April 2009). "Susan Boyle: a dream come true". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2013.
  3. "Talent show singer is online hit". BBC News (in Engels). 15 April 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2019. Besoek op 15 April 2009.
  4. Mary Jordan (14 April 2009). "The Scot Heard Round the World". The Washington Post. p. A-8. Besoek op 16 April 2009.
  5. Mark Smith (11 April 2009). "What's the story with … Susan Boyle?". The Herald. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2009. Besoek op 15 April 2009.
  6. Ian Wylie (11 April 2009). "Dreaming The Dream". Manchester Evening News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2009. Besoek op 23 April 2009.
  7. "'Never Been Kissed' Singer, 47, Wows Cowell". MSNBC News (in Engels). 15 April 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2009. Besoek op 15 April 2009.
  8. "Scottish Singer's Audition Video Sets Online Record". The Washington Post. 19 April 2009. Besoek op 19 April 2009.
  9. Alex Dobuzinskis (20 April 2009). "Susan Boyle breaks past 100 million online views". Reuters (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy